Christelle
“Ek was huiwerig om fotos van myself te laat neem… ek het heeltyd verskonings gehad… “ek moet eers gewig verloor,” “ek moet wag totdat ek nie so moeg lyk nie”,” my hare is te kort”, “ek kan nie so bederf regverdig nie”. Ek het ook geintimideerd gevoel om fotos van myself te laat neem deur so n talentvolle fotograaf soos Karina.
Maar die hele ervaring was ongelooflik, die bederf was nodig en die resultate laat my steeds spraakloos.
Ons word vasgevang in die verskillende rolle wat ons as vrouens vervul… werknemer, ma, eggenoot, dokter, sielkundige…en ons verloor baie keer onsself.
Karina het die vermoe om in n veilige omgewing jou ware identiteit, vrouwees en skoonheid op kamera vas te vang. Sy werk saam met jou deur die hele proses, laat jou heeltyd gemaklik voel (sy het n wonderlike sin vir humor) en gee jou die selfvertroue om met gemak die proses te geniet.
Die fotos is vir my ‘n testament dat ek nie so hard of krities op myself moet wees nie, en dat ek nogsteeds Christelle is ten spyte van al die rolle wat ek vertolk.
Karina, die ervaring het vir my so baie beteken!!! Dis wonderlik dat jy jou talent gebruik om vrouens op te bou!!”
– Christelle Marais
Hare & Grimeering Yolande du Toit Professional Hair and Makeup
Ongelooflike rokke deur Wild Orchid Boutique, Look No Sheep, Mareth Colleen
Service Providers
- Hair & Makeup: Yolande du Toit
- Dresses: Mareth Colleen
- Dresses: Look no sheep
Comments